Hekelwoorde Van My Hart, Paperback/Tania Smit

Hekelwoorde Van My Hart, Paperback/Tania Smit

Autor
An publicare
2018
Nr. Pagini
212
ISBN
9781776055524

Descriere

Description Die langverwagtige boek met uittreksels van die steeds groeiende en gewilde Afrikaanse webblad, Hekelwoorde van my Hart, is gepubliseer op versoek van lesers, volgelinge, geraaktes en vervlegtes vir vashou en koester en liefh . Die boek bestaan uit kort skryfstukke sowel as gedigte. Die mees konsekwente terugvoer wat Tania van lesers ontvang, is dat sy dit regkry om emosies te verwoord wat hulle self nog altyd gevoel het, maar nog nooit woorde voor kon vind nie. Die eerlike en opregte manier waarop sy met haar eie tekortkominge omgaan, hoe raak sy emosies oor alledaagse probleme en situasies verwoord, en veral die deurdagte manier waarop die mees persoonlike gedagtew reld van elke mens pynlik akkuraat en reguit deur haar omskryf word, is uniek. Glendine Chrisholm, bekende skilder van De Rust in die Wes Kaap, het die illustrasies gedoen - en die eindproduk is 'n perfekte sinergie tussen siel en woord, wat moeiteloos en sonder enige voorspelbaarheid hulself, elkeen op sy eie tyd, deur die loop van die boek openbaar. Tania Smit woon in Oudtshoorn saam met haar twee tienerkinders, Julia en Adrian. Sy skryf oor die voel van haar eie lewe as re nboogkind, single dating in haar veertigs, haar vrese en oorwinnings, om gevat en gelos te wees, genoeg en te min te wees, en oor wyn en vure en kos en reis en ma-wees en menswees. Sy is 'n dromer maar ook 'n realis. Die woorde in hierdie boek is haar storie, maar ook almal se storie.

Pe aceeași temă

Tania Smit

Michele Hoffnung,Robert J. Hoffnung,Kelvin L. Seifert,Alison Hine,Cat Pause,Lynn Ward,Tania Signal,Karen Swabey,Karen Yates,Rosanne Burton Smith